Nuwe radioprogram, Die Kwik Styg – jou no. 1 klimaatsverandering inligtingsbron

Die uitwerking van klimaatsverandering word oral gevoel, met verreikende gevolge. RSG het onlangs ‘n nuwe reeks, Die Kwik Styg, geloods waarin dié kwessie indringend bespreek sal word. Dié reeks is ‘n inisiatief van die Wes-Kaapse Departement van Landbou, wat dit ook vervaardig.

Kenners verwag dat minder water Suid-Afrika se voorland is wat voedselsekuriteit in gedrang sal bring. Aanbieder Lizma van Zyl gesels in die reeks met mense van regoor die spektrum en win ook kennerswenke in om Suid-Afrika meer veerkragtig te maak.  Lees gerus meer oor wat in hierdie program verwag kan word hier

Nie naby ‘n radio? ‘n Potgooi  van die program sal ook weekliks op RSG se webwerf onder Middag op RSG 1geluister kan word.

 

Moenie Die Kwik Styg mis!  Elke Vrydagmiddag om 12:45 op RSG 100 -104fm.  Volg ons ook op Twitter @WCGovAgri om die tema van die week te volg.